Homo heidelbergensis

Homo heidelbergensis
Tydperk: 0.6–0.4 m. jaar gelede
Pleistoseen
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
H. heidelbergensis
Binomiale naam
Homo heidelbergensis
(Otto Schoetensack, 1908)

Homo heidelbergensis (soms Homo rhodesiensis genoem) is ’n uitgestorwe spesie van die genus Homo wat minstens 600 000 jaar gelede in Afrika, Europa en Wes-Asië gewoon het en uit tot 1,3 miljoen jaar gelede kan dateer. Dit het tot sowat 200 000 of 250 000 jaar gelede oorleef.

Die brein van Homo heidelbergensis was amper so groot soos dié van die moderne Homo sapiens. Dit is baie waarskynlik die voorouer van Homo sapiens (in Afrika) en die Neanderdallers (in Europa), en moontlik ook die Homo denisova (in Sentraal-Asië). Dit is in 1907 die eerste keer naby Heidelberg, Duitsland, ontdek en is deur die Duitse antropologie-professor Otto Schoetensack beskryf en ’n naam gegee.[1][2][3]

  1. "Homo heidelbergensis" (in Engels). Natural History Museum, London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2015. Besoek op 18 Maart 2013.
  2. "Homo heidelbergensis : Evolutionary Tree information" (in Engels). Smithsonian National Museum of Natural History. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 18 Maart 2013.
  3. Mounier, Aurélien; Marchal, François; Condemi, Silvana (2009). "Is Homo heidelbergensis a distinct species? New insight on the Mauer mandible". Journal of Human Evolution. 56 (3): 219–46. doi:10.1016/j.jhevol.2008.12.006. PMID 19249816.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search